Karel II die Kale

Karel die Kale

Karel die Kale (* 13 Junie 823 in Frankfurt am Main – † 6 Oktober 877 in Avrieux naby Modane), (Duits: Karl der Kahle, Frans: Charles II dit le Chauve, Engels: Charles the Bald), stam uit die Karolingers. Hy was van 843 – 877 koning van die Wes-Frankiese Ryk en van 875 tot 877 koning van Italië asook die keiser daarvan.

Na die dood van hul neef Lotarius ll in 870 verdeel Karel die Kale en sy broer Lodewyk die Duitser die gebied Lotaringe wat aan Lotarius II behoort het. Hulle doen dit met die verdrag van Meerssen wat ná die dood van keiser Lodewyk II van Italië plaasvind.

In 875 verkry Karel ook die Frankiese gebiede in Italië en die keisertitel. In 877 besluit hy om 'n veldtog teen die Moslems in Italië te voer, maar sterf daar op 6 Oktober. Karel die Kale word in die Wes-Frankiese Ryk deur Lodewyk II, "die Stamelaar", opgevolg.[1]

  1. Medieval France: An Encyclopedia William W. Kibler, Grover A. Zinn Psychology Press, 1995, ISBN 0-8240-4444-4, ISBN 978-0-8240-4444-2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search